Musiek en vermaak vir die hele gesin:- Super Naweek!!

Super Naweek is ’n splinternuwe Afrikaanse-musiekfees vir die hele familie aan die Noordkus van Suid-Afrika.

Die fees, wat plaasvind by Blythedale Event Bowl op die asemrowende Blythedale Kus- en Eco-landgoed aan die Noordkus van die sonnige KwaZulu–Natal beloof om ’n naweek soos min te wees.

Datum:- 22 Junie – 24 Junie

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150 per volwassene per dag, R60 per kind onder 12 per dag (dit sluit toegang tot alle kinder aktiwiteite in)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Blythedale Event Bowl?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Die fees bied die ideale geleentheid om saam met familie en vriende in ’n veilige omgewing te kan uitspan en boonop so ’n bietjie te kan kaalvoet sokkie terwyl jy vermaak word deur kunstenaars soos Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Emo Adams, Dozi, Die Campbells en Pieter Smith.

Adres:- Volg die N2 Noord. Neem dan die KwaDukuza/Stanger Blythedale-afrit vanaf die N2. Aan die einde van die afrit, draai regs oor die brug en hou aan bestuur in die rigting van die oseaan. Die afrit na die Event Bowl is ±200m vanaf hierdie N2-brug. Jy sal ’n sekuriteitskantoor by die afrit sien, en daar is ook heelwat padtekens en reklame-borde van die Blythedale Kus-oord. Volg die grondpad na die Event Bowl (dis so ongeveer 4km) tot by die amfi-teater area.

GPS Koordinate:- S 29° 21′ 35.2”E 31° 20′ 31.451”

Kontak:- 061 427 2476

Kaartjies kan bespreek word by iTickets

Voeg opwindende buitemuurse aktiwiteite is, vermaak en kompetisies vir die hele familie teen ’n Instagram–waardige agtergrond, en dan sal jy verstaan waarom Super Naweek deesdae op almal se lippe is. Die aktiwiteite sluit kampfasiliteite, MTB- & terreinhardlooproetes, sowel as ’n spesiale kindersone in.


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com

Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in
GRATIS!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment