Top 20 vir die week: 1 Mei 2018

In vandeesweek se SAUK Radio Top-20 is daar 10 liedjies wat hul posisies verbeter het, 8 wat momentum begin verloor het en 2 liedjies wat hul plekke behou het.

Na die Ghoema-musiektoekennings het aanlynverkope van die wenners in verskeie kategorieë die hoogtes ingeskiet. Jo Black se “Skepe” was die mees afgelaaide liedjie in die Afrikaanse kategorie. Sy liedjie “Die vrou wat ek liefhet” bring na nommer 7. Ander Ghoema-wenners soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Appel en Anders, het ook Maandag onder die Top-20 afgelaaide Afrikaanse liedjies geëindig.

Brendan Peyper betree die Top-20 met sy nuwe liedjie “Klim jou Everest” op nommer 15, julle kan na die nommertjie luister volgende week !!

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Appel – “Boer loop deur my are”
4. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
5. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
6. Vernon Barnard – “Alles om my”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Kurt Darren – “Haal asem”
9. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
10. Anders – “Bruid”
11. DECA en Len Muller – “Oorwin”
12. DZL – “Het jy al gelewe”
13. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
14. Twee – “Om en om”
15. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
16. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
17. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
18. Vernon Barnard – “Voel”
19. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
20. Ray Dylan – “Uitbasuin”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)

Hier is jou nommer 1 – Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”

Hier is jou nommer 2 – Elandré – “Die lyn”

Hier is jou nommer 3 – Appel – “Boer loop deur my are”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, ek het vandag gedink ek kry vir julle ‘n op-skop-dans-mengelmoes video, hoop julle geniet dit:-

Kyk leesers, die volgende liedjie van Jay maak opslae, dit is ‘hot-stuff’ … en hier is dit net vir jou … geniet dit !!

Jay – Lê Bietjie Langer – 22,973 mense wat al gekoe-keloer het na die vid

En die volgende liedjie het ek dalk al vir julle opgesit, maar dit bly ‘n wonderlike stukkie musiek om na te luister … hier is dit weer … geniet dit !!!

Kurt Darren, Leah en Snotkop – “Selfie Song” – 144,151 mense wat al gekoe-keloer het na die vid

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment