Top 20 vir die week: 14 Mei 2018

Juanita du Plessis vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf. Haar loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuutalbum, Juanita. Die bekende liedjie “Ska-Rumba” was haar goue eier op die album.

Sy het onlangs ‘n nuwe enkelsnit, “Dankie vir jou liefde”, bekendgestel en die liedjie is tans een van die 20 liedjies wat die meeste op iTunes afgelaai word. Sy betree ons Top 20 op nommer 12 met haar nuwe liedjie.

Janie Bay ft Hunter Kennedy met hulle liedjie “Wag vir jou” is uit ons Top 20 die week.

Tarryn Lamb, die hoofsanger van die groep Blackbyrd, neem die week se nommer 1 posisie in met haar liedjie “Mal oor jou”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
4. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
5. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
6. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
7. Appel – “Boer loop deur my are”
8. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
9. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
10. Twee – “Om en om”
11. Anders – “Bruid”
12. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
13. Kurt Darren – “Haal asem”
14. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
15. Jan Bloukaas en Mariné Moffat – “Desembers”
16. Vernon Barnard – “Alles om my”
17. DECA en Len Muller – “Oorwin”
18. DZL – “Het jy al gelewe”
19. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
20. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewildste musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)

Hier is jou nommer 1 – Tarryn Lamb – “Mal oor jou”. Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep vir julle in die hande kry van die liedjie nie, maar ek gaan aanhou soek om dit vir julle in die hande te kry !!

Hier is jou nommer 2 – Elandré – “Die lyn”

Hier is jou nommer 3 – Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe. Die volgende sangers is nie so bekend nie, maar die musiek is fantasties, hoop julle geniet dit:-

Mariska – ‘Soet Soos Suiker’

Hugo Nieuwoudt ‘Jy is Myne’

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment